Die huis ruik na suurdrank, die voordeur staan oop as hartlike verwelkoming. Die alarm was nooit aan nie, die buiteligte is nog nie af nie. Die tuinstel word omring deur ? stille gehoor van bottels en stompies. ? Meter of wat verder dobber ? eensame skoen in die swembad. Die buurhond se blaf is al hees, sy eienaars se moerigheid swart ingelê soos nastergalkonfyt.
Tasya weet van fokol. Sý slaap in gisterheeldag se skinny jeans en gisterheeldag se T-hemp op die 1950’s deco bank waar haar bloedsuiker haar begewe het, Jules slaap geheel en al kaal in die 1950’s deco bed waar Tasya haar sonder veel afskeidsangs gelos het. Die res van die oproerige party het volgens 2012 protokol gedeurnag en voordag uitgepeul op soek na spek, eiers, brood en swart, bitter koffie.
Nee asseblief nie. Dig liewers, dit irriteer Darwinia meer.
ek het verwag jy gaan antwoord. nie geweet jy gaan eerste weew nie. 🙂 het jy al fred de vries se ‘rigtingbedonderd’ onder oe gehad? skryf tog ietsie daaroor, toe.
Nee dit maak my te kwaad. Net die storie in Rapport gelees. Useless broeders.
ag toe. ek geniet dit as jy kwaad word.
Sterk begin. Gaan voort, asb.
dankie! dit is vir Litnet, maar ook deel van ‘n volgende boek…
Uit die roekelose brassery van my studentejare toet weet ek: spek en eiers en babbelas is nie maats nie.
hang af wat was jou ‘weapon of choice’…
te te Reney
inderdaad net te te
ek stem.
Thank you for sharing superb informations. Your web-site is so cool. I’m impressed by the details that you抳e on this website. It reveals how nicely you perceive this subject. Bookmarked this web page, will come back for more articles. You, my friend, ROCK! I found just the information I already searched all over the place and just couldn’t come across. What an ideal web site.