My 30-jarige boetie is al ses dae in die hospitaal. Dit beteken my ma sit al 6 dae lank regop langs hom. Hy kan nie praat nie. Hy is gestremd.
Vanoggend oortuig ek haar om haar pos te verlaat en te gaan slaap. Oor middagete arriveer die hospitaalkos wat R.B. met groot smaak al vir ses dae eet. Hy loer na die skinkbord en skud sy kop met mening. Nou R.B. se kop skud, is nie grappies nie. Dit is wet.
Wat ook saam met middagete arriveer is die antibiotika vir sy sukkelende longe en die instruksies dat hy eers moet eet. R.B. skud sy kop vir die pille ook.
My ma gaan ek nie wakker bel en terugroep nie. Nee. Eers probeer ek my bangmaakstem. R.B. skrik egter nie vir koue pampoen nie. Hy val ook nie vir my smeekstem nie. Uit desperaatheid grawe ek in die sak lekkergoed wat ‘n gawe vriendin van my ma aangedra het. Ek lig ‘n pakkie sout-en-asyn Lays op en my broer knik gretig daarvoor, asook vir die pakkie Liquorice Allsorts.
Ek dag, dit is beter as ? leë maag en voer die pakkie Lays vir hom. Steeds skud hy sy kop, met bietjie ekstra mening, vir die antibiotika. Nou ja, sy longe is op die spel en aan’n beter plan kan ek nie dink nie. So ek haal die boonste helderkleurige lagie af, druk die pil in posisie en bedien ? Liquiorice AllSorts antibiotika-cocktail op as poeding.
slim
Dis nou ‘n tameletjie of is dit ‘n AllSorts? Ek hoop jy sal more ‘n makliker dag hê. Sterkte met die koppige R.B. Ek hoop hy herstel vinnig. (Hugs) xx
Dit kos slim en op die voete dink om so ‘n probleem op te los.
Dankie tog jy is daar om dit te doen!
Sterkte!
dankie!
ek het by my ma geleer. sy verbloem al groente en vrugte op die manier vir jare lank.
Ons het wel vandag uitgevind waarom hy nie wou eet nie. Sy keel was te seer! Arme man.
by my ma geleer. 🙂
Ag ek hoop hy kom reg.
dankie.
Hoe gaan dit met jou broer?
so so. nog geen kans vir huis toe gaan nie. die kwakke vergader vandag om gesamentlik aan ‘n oplossing te dink. my arme ma is vodde. dankie, dat jy vra.
Somebody essentially help to make seriously articles I would state. This is the very first time I frequented your website page and thus far? I amazed with the research you made to create this particular publish extraordinary. Excellent job!
I truly appreciate this post. I抳e been looking everywhere for this! Thank goodness I found it on Bing. You have made my day! Thx again