top of page
Uitmelkbos

WIE OP DEESKE AARDE?

Kom ons sit die raai-raai-riepastorie voort met “Koerantkamerade” (Naledi, 2021) as verwysingsbron.

Hiermee tien vrae uit die boek. Eerste leser van die pos wat die spyker op die kop slaan met al tien 10 versluierde identiteite wen ‘n prys: weet nog nog nie wat nie.

Die vrae:

1.Van watter gesiene koerantman is gesê:” Hy is ook maar ‘n agtergeblewe engeltjie , maar, toegegee, swaar vermom, die klein maaifoerie? “

2. Wie is beskryf as “iemand wat saam met sy vriende die lewe oor Tassenberg afgeteug het tot in die fynighede van boeket.” (Minder elegant gestel: dat hy saam met sy vriende ‘n tapvat kon seermaak.

3. Vir wie was daar hierdie sonderlinge getuigskrif: “Hy het die aarde verlaat sonder een vyand”?

4. Wie het ‘n minister in die wandelgang van die volksraad kortgevat met ‘n pront: “Buurman, jy weet mos dis ʼn pot stront”.

5. Wie is ge-“fire” omdat hy Marius Jooste, Perskor se grootbaas, as “seniel” bestempel het?

6. Wie het vir wie beskuldig van “hoernalistiek”?

7. Wie het vir tamboernooiens gesệ: “Ons sien julle almal se broeke?”

8. Wie is deur ‘n opvolger “’n goeie biksem” genoem?

9. Wie het homelf as “‘n koejawel in piesangboom” beskryf?

10. Wat de ongeluk maak Quintus van Blouen in ‘n WP-rugbytrui?

“Koerantkamerade” word gepubliseer in samewerking met Nagkantoor en word ondersteun deur ‘n ruim subsidie van die LW Hiemstratrust.Bestel dit by Tertia Swart-078 648 8616/ tertia@naledi.co.za of naledi.co.za(Naledi se webtuiste). Die boek kos R220. “Koerantkamerade” sal weldra ook op die rakke van voorste boekwinkels landwyd te koop wees.

Hou dop vir die omslag met die gevoude skippie van koerantpapier wat op die waters dobber.

3 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Comments


bottom of page