Dit is nou Maandagoggend 08:30.
Ek voel oningelig omdat ek na ure se sit voor die TV (Sy-bie-sie. SKY en CNN) en die deurlees van voor tot agter van Rapport gister en Die Burger vandag nie weet waar was FW de Klerk gister, hoe die Tutu-knoop deurgehak is, hoe die begrafnisbrief gelyk het (hoeveel bladsye, watter foto’s, ens), wat die Kwien van Ingeland vir Madiba geskryf het, en hoe Jurgens Prinsloo lyk wat die Hercules met die kosbare vrag op sy laaste vlug Mthatha toe gebring het nie.
Die belangrikste wat ek nie weet nie is: Wat was die impak op die oudstes van die Temboestam van die voeteslepery van die langasem-toespraakmakers sodat Madiba nie 12:00 toe die son op die hoogste was in sy graf was nie.
Is dit maar vir tradisie/kultuur/voorvaders goed so dat hy ten minste voor 13:00 in was?
Comments