Dit is verbasend wat ’n klompie rissies aan ’n foto kan doen.
Canon 5DmkII & Canon EF 16-35mm f2/8L USM
1/30 f7. ISO100 (35 mm)
Die rooi van die rissies is toe in Photoshop gebruik om die rooi vir die letters te verskaf. (’n Mens gebruik die toetsbuisie om die kleur van die rissie te kry.)
Dit is birdseye-rissies. Ek het die ander dag daarmee gekook. Heerlik, maar warm. Al het ek my hande deeglik gewas, was een oog ’n vuurbol toe ek per ongeluk daaraan raak met my vingers. Ek hoop nie Kristel Loots raak so warm daardie aand nie! Ek sal maar vir Elias P. Nel ’n brandblusser moet gee as wapen... Dit is darem ook rooi.
Comments