Ek wil graag nog iets vertel van die land Japan wat nou in sy rol as gasheerland vir die grooot rugby as ‘t ware herontdek word, en oor die stad Kobe waar van die groot wedstryde gespeel is. Ook die Springbokke het daar uitgedraf. Ek en Tokkie was in 1998 in Kobe vir die wệreldkongres van koerantuitgewers – my laaste voor aftrede.
Een groot vraag waarmee ons in Kobe aangekom het, was: hoe heel kan ’n stad wees net drie jaar nadat 100 000 geboue in ‘n reuse-aardbewing verwoes of beskadig is, die padnetwerk (die vernaamste snelweg inkluis) in duie gestort het, en spoorlyne verfrommel is? Die antwoord, het ons gou agtergekom: heeltemal heel. Omtrent al sigbare tekens van die aardbewing wat oorgebly het, was ’n ry windskewe lamppale naby die hawe. Dié is doelbewus so gelaat – as ’n gedenkteken van die stad se 20 sekondes van pyn. Die mooi plek is ook nie net oppervlakkig deur ’n “Glam Guru”-stadsbeplanner kosmeties “oorgemaak” nie. Sy siel was heel.
Rampe skep desperate mense; desperate mense se grypsug ruk maklik hand-uit, hetsy in Afrika, Indonesië, Amerika, Nieu-Seeland of waar ook al. Dit weet elkeen. In New Orleans in die deelstaat Louisiana in die VSA is byvoorbeeld, ná die verwoesting van die graad-vyf-orkaan Katrina in 2005, selfs ’n hele Walmart-winkel (massiewer as ’n Makro) dolleeg besteel. In Kobe het egter, merkwaardig genoeg, geen plundering voorgekom nie. Selfs juwelierswinkels is onbewaak oop laat staan. Dit sê iets van die stoffasie van die Japanners.
Die verhaal van ons onvergeetlike besoek aan die verre hawe Kobe is opgeteken in my boek “Na verre hawens” wat pas by Naledi verskyn het. Dit is reeds aanlyn te koop by Naledi, en in boekwinkels seker enige dag van no
Kommentare