top of page

VIR JAN TUISBLYERS

  • Uitmelkbos
  • Mar 24, 2020
  • 1 min read

Lekker om jou rekenaar na twee dae in ‘n werkwinkel oop te maak en so ‘n ruiker op jou Facebookblad raak te loop. Dankie, Louise Viljoen. Ek brand om die volledige resensie op Maroela Media te lees.

“Hennie van Deventer, voorheen redakteur van Volksblad en ook die uitvoerende hoof van koerante van Naspers, se Na verre hawens is een van daardie boeke wat jy lees as jy noodgedwonge met Jan Tuisbly se karretjie moet ry. Die boek beslaan 256 bladsye propvol onvergeetlike vertellinge van Hennie en Tokkie – albei gesoute wêreldreisigers – se bootvaarte oor ’n halfeeu heen. Dit bevat ook interessante navorsing oor die vaartuie waarop hulle gevaar het asook die plekke waar hulle aangedoen het. Ek het heerlik hieraan gelees! My resensie oor Na Verre Hawens verskyn weldra op Maroela Media. Bestel gerus die boek direk by tertiaswart@naledi.online.”

Recent Posts

See All
Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

 
 
 
SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

 
 
 

Comments


© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page