Groot verskoning, my aandag is op die oomblik nie by resensies oor Afrikaanse literêre werke nie, maar by Salzburg en die wonderlike wêreld van Mozart en musiek.
Daar is darem een resensie wat my aandag kon weglei van Garancia en Netrebko (deesdae blond) en Wozzeck – Louise Viljoen se ressensie-essay op LitNet oor Etienne van Heerden se Die wêreld van Charlie Oeng.
Dis ’n kragtoer. Hoe dieper mens in die essay in lees, hoe meer besef jy hoe baie mens die belesenheid en insig van hierdie besonderse resensent mis.
Meer gaan ek nie sê nie. Selfs mense wat agter skuilname wegkruip moet nou en dan ’n verposing neem.
Toedels, of soos Arnie gesê het, “I’ll be back.”
Comments