top of page
Uitmelkbos

Untitled


Wilhelm (Jorrie) Jordaan links agter en Jaap Steyn regs agter. Tussen hulle is Georjane Groenewald. Voor is Herman le Roux en die uwe.


Pa en seun – twee top-joernaliste.

Ek praat van Willem Jordaan, nuwe redakteur van Die Burger, en sy pa, Wilhelm – prof. Wilhelm. Wilhelm is joerrnalis wat sielkundige geword het. Hy vermeng die twee dissiplines op ‘n skitterende wyse in sy gereelde rubrieke.

Jorrie, soos ek hom in sy jong dae geken het, was ongetwyfeld ook redakteursmateriaal. Hy was ‘n uithaler-verslaggewer van Die Volksblad toe ek nuusredakteur was. Toe stuur ek Jorrie op ‘n dag Brandfort toe waar ‘n ligte in die bome vliegtuig geval het. Hy was wit om die kiewe toe hy terugkom op kantoor. So ‘n ontstellende toneel wou hy in sy dag des lewens nooit weer sien nie.

Ek het vergeefs probeer paai, en verduidelik dat hy by die koerant vir groter dinge as vliegtuigongelukke bestem is. Jorrie het voet by stuk gehou. Hy het gaan verder studeer – doktor en professor in sielkunde geword. En hierdie ou? Hy sit met die verwyt dat een enkele opdrag van hom die joernalistiek van ‘n blink ster beroof het.

Twee ander tydgenote wat sielkundiges geword het, is prof. Charl Vorster en prof. Anda van den Heever. Charl was verslaggewer en Anda die sekretaresse wat die vinnigste kon tik wat ek ooit raakgeloop het. Wat sou dit wees dat die joernalistioek en die sielkunde so hand aan hand loop?

Ns. Jaap Steyn, bekroonde taalman en skrywer, het natuurlik professor in Afrikaans geword. Hy was die hoofsub van Die Volksblad net voor die uwe.

0 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Comments


bottom of page