Ek het vroeër vandag gebieg dat ek nog nooit van Phillippa Yaa de Villiers gehoor het nie (sien vorige inskrywing). Haar digbundel is se naam is Taller than buildings.
Bebo, ’n onbekende weldoener, skryf toe die volgende in antwoord op die blog, wat ek baie graag met ’n wyer gehoor deel:
Ek is verheug vir Phillipa. Ek het graag na haar gaan luister as sy haar poësie voorgelees het, swart vrou met die Afrikaanse van, alleen daar in 'n see van wit gesigte (taking a walk on the white side), waar sy altyd mooi asseblief en dankie sê vir 'n sponsor vir die volgende digbundel.
Dus 'n gedig van Phillipa vir jou vandag Izak, sodat sy nie meer 'n totale vreemdeling vir jou is nie,
One day the Hillbrow tower started to cry. Real tears poured down its sides collected in gutters, and ran down Banket street, and when the other buildings saw the tower's sadness they started to weep in sympathy. Soon the whole city was sobbing, the tears joined other tears and filled the depressions and valleys. They covered the koppies, and collected in City Deep, cascading over Gold Reef City flooding Fordsburg and soaking Soweto. They flowed until they became a river that carried us into the night, where our dreams grew taller than buildings taller than buildings.
Comments