Kalahari gooi tou op teen die nuwe mededinger Take-a-lot. So lees ek vanoggend. Nie juis verras nie na die volgende ervaring: Op 18 September ‘n kamera gekoop en betaal. Verwagte afleweringsdatum – 3 Oktober. Niks gebeur egter nie. Ek bel en bel. Vanoggend die boodskap: Jammer, ons kan nie lewer nie. Kan nerens voorraad kry nie. Intussen het die kamera elders duurder geword. Wie byt die spit af terwyl Kalahari skouers optrek? Hierdie outjie wat op prinse vertrou het ondanks die Bybelse vermaning.
Uitmelkbos
Comments