top of page
Uitmelkbos

Stof tot stof

Stof en ster, deur Pieter Fourie. Resensie: Fanie Olivier. (Boeke24) ’n Belangriike resensie. Lof waar dit toekom, kritiek ook, maar Olivier vra eintlik hoekom die uitgewer sy taak nie nagekom het nie. Beskerm die digters teen oorhaastige publikasie.

In ’n land sonder voëls, deur Harry Kalmer. Resensies: Jean Meiring (Rapport Boeke) en Johan Myburg (Boeke24) Mens voel lus om vir die resensente dankie te sê.

’n Stukkie van die legkaart, deur Rina Venter. Resensent: Herman Giliomee. (Rapport Boeke) Die verlede is vol foute. Sommige daarvan is meer onlangs gemaak as ander. Ons kan nou niks meer daaraan doen nie. Behalwe Rina Venter se heldere terugblik na waarde skat. Sirkels, altyd die sirkels.

Smit Motors, deur Réney Warrington. Resensie: Maryke Roberts (LitNet) Resensies wat begin by die persverklaring wat die boek vergesel is moeilik. Ek vorder nie verder as daardie verwysing nie.

Sara, deur Maretha Maartens. Resensie: Barend van der Merwe. (LitNet) Die resensent stry moeding teen die verveling.

50 Blertse blou, deur Blouwillem. Resensent: Hennie van Deventer. (LitNet) Hoekom skryf Hennie van Deventer nie meer resensies nie? Hy doen dit so vriendelik.

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Kommentare


bottom of page