Skrywers en hulle stories is nie altyd beter as die waarheid nie. G’n wonder dat Plato skrywers wou verban uit sy Republiek nie.
Ek haal vanaand hoed af en sê ek het netnou een van die mooiste liefdestories nóg gelees. Ja, nie ’n liefdesverhaal in die ware sin van die woord nie, eerder ’n storie. En ’n storie oor ’n baie mooi liefde.
Na ’n naweek weg (en voor dit ’n paar baie besige dae), het ek vanaand ’n bietjie opgevang op ander se blogs en kom toe op Ludwig se storie af oor sy armypelle.
Mense, lees dit. Dis verbysterend. Maar lees tot die heel einde, asseblief. Dit wys net, waar die ware lewe die kaarte deel, daar lê liefde en patos lepel.
Ek is baie dankbaar, werklik innig, vir die baie mooi kommentaar wat ek kry oor die verhale. Dankie ook aan Michella Bella en Maankind wat so gereeld vertel hoe hulle vorder met die boek.
Dankie. Maar gaan lees Ludwig se storie, dis ... (ek weet nie watter byvoeglike naamwoord gaan werk nie!).
Comments