Kleinkinders geniet die somerson langs die lawende swembadjie. Kyk hoe heerlik groen is die wereld.
Hierdie stukkie is spesiaal vir welmenende Kaapse vriende wat bly hamer op die monster-temperature wat in die Laeveld op ons wag.
Mense, glo my ons Sabieparkse “Kerskous” bult elke Somer-Kersfees met geskenke sonder weerga wat ‘n kwistige moedernatuur bos toe bring: die groen-groen somergewaad; die grasweelde; die plate klein bokkies; die bonte voëlverskeidenheid (enigste tyd van die jaar dat die Bosveldvisvanger roep); die verkwikkende donderbuie, die windstil-aande om die kampvuur.
Weet julle watter hartsplesier dit is as die hemele oor die Bosveld oopskeur en die reën in ondeurdringbare grys vlae neergiet? Die harde donderslae, bliksemstrale en gietende reën is nardus-salf vir die gees. Kan tot drie, vier keer in die twee weke rondom Kersfees gebeur.
Ná só ‘n bui begin die dankbare veld dadelik lewe. ‘n Koor van tjilpe, kwetters en kwake klink op. Die vreugde en dankbaarheid wat mens en dier verenig, is meesleurend. ‘n Mens hoor as’ t ware hoe die bos groener word – ‘n jubelgroen gloriebos.
Weet julle hoeveel ander dae is heerlik bewolk? Een keer net twee dae op ons hele besoek werklik warm sonskyndae beleef?
Moedersmelk. Die plat pasgebore bokkies is ‘n spesiale somerplesier.
En dan? Dan kuier ons die warmste ure om in ons bos-swembadjie en geniet die sebras, wildbeeste, selfs koedoes, wat in ons watergatjie neffens die huis hul dors kom les.
En snags? Dan woer-woer die groot dakwaaiers bokant ons beddens. Hou selfs die muskiete weg.
Ons bring vanjaar ons dosynste Kersfees in Sabiepark deur. Niemand dwing ons nie. Dis uit eie vrye keuse.
Trouens, ons sien reikhalsend uit na elke besoek. Njannies.
Daarmee wederom tot 2016. Geseënde Kersfees en so aan.
Hierdie stukkie is spesiaal vir welmenende Kaapse vriende wat bly hamer op die monster-temperature wat in die Laeveld op ons wag. Mense, glo my ons Sabieparkse “Kerskous” bult elke Somer-Kersfees met geskenke sonder weerga wat ‘n kwistige moedernatuur bos toe bring: die groen-groen somergewaad; die grasweelde; die plate klein bokkies; die bonte voëlverskeidenheid (enigste tyd van die jaar dat die Bosveldvisvanger roep); die verkwikkende donderbuie, die windstil-aande om die kampvuur.
Weet julle watter hartsplesier dit is as die hemele oor die Bosveld oopskeur en die reën in ondeurdringbare grys vlae neergiet? Die harde donderslae, bliksemstrale en gietende reën is nardus-salf vir die gees. Kan tot drie, vier keer in die twee weke rondom Kersfees gebeur.
Ná só ‘n bui begin die dankbare veld dadelik lewe. ‘n Koor van tjilpe, kwetters en kwake klink op. Die vreugde en dankbaarheid wat mens en dier verenig, is meesleurend. ‘n Mens hoor as’ t ware hoe die bos groener word – ‘n jubelgroen gloriebos.
Weet julle hoeveel ander dae is heerlik bewolk? Een keer net twee dae op ons hele besoek werklik warm sonskyndae beleef.
En dan? Dan kuier ons die warmste ure om in ons bos-swembadjie en geniet die sebras, wildbeeste, selfs koedoes, wat in ons watergatjie neffens die huis hul dors kom les.
En snags? Dan woer-woer die groot dakwaaiers bokant ons beddens. Hou selfs die muskiete weg.
Ons bring vanjaar ons dosynste Kersfees in Sabiepark deur. Niemand dwing ons nie. Dis uit eie vrye keuse. Trouens, ons sien reikhalsend uit na elke besoek. Njannies.
Comments