top of page
Izak de Vries

Slang vs Padda

Bruinwaterslang (Lycodonomorphus rufulus) vs Rose se skurwepaddatjie (Capensibufo rosei)


Ons het in Luiperdskloof gestap toe ons op hierdie twee afkom. Dit was so ongeveer 100 m onder die eerste waterval.

Eers het die slang die padda styf vasgehou en – baie belangrik – die agterpote geïmobiliseer. Hierdie greep het minute lank geduur. Die slang se kop was op hierdie stadium nie betrokke by die aksie nie.

Ná ’n tydjie probeer die slang egter die padda slukbaar maak, maar kyk hoe die stert die greep op die agterpote verloor. Oeps!

Die slang sê reeds die tafelgebed, maar minder as ’n sekonde later skop die padda verwoed met daardie agterbene en kom weg.

Die slang het weer probeer aanval, maar die padda het droë grond bereik en weggekom. Hier sit sy.

My seun, wat die hele petalje saam met my aanskou het, so kommentaar was: "Ek was eers hartseer vir die padda. Maar die slang moet ook kos kry, so nou is ek 'n bietjie hartseer vir die slang ook, maar eintlik bly vir die padda."

Terloops: Ek het met 2/3 onderbelig, aangesien die water so donker is. Die padda se maag, selfs die slang s’n, sou anders heeltemal weggebrand wees.

Ek het op ISO 320 en f4.5 geskiet. Geen flits nie. (Ek het my 70 – 200 f2.8 L USM gebruik.)

0 views

Recent Posts

See All

Ena Murray deur die oë van ander

Ena Murray: 27 Desember 1936 – 4 Junie 2015 Alle foto's deur Susan Bloemhof Lekkerleesboekrak op Facebook was die eerste. Voor sonop was...

Why? / Hoekom?

A brief explanation on why I run without shoes. (Afrikaans hieronder) Nou die Afrikaans: Hoekom kaalpoot?

Comments


bottom of page