Vir die ongelowige Thomasse wat my verdink dat my wolkefoto van Tafelberg eintlik maar die regte Tafelberg is – net bedek met ‘n wolkekombers. Hier is die wolke-berg en die ware Jakob, albei van my stoep geneem. Op die wolkefoto le Robbeneiland reg voor die kamera … soek hom op die foto van die berg- berg. Die hoeke verskil heeltemal. Kan nie die wolkefoto neem uit die ander hoek nie en andersom. Reine waarheid.
Die donker gestapelde wolke,
Berg deur die winde gebou ,
Hoe sou ek hul heimnis vertolke
en saggies dit fluister vir jou ?
(Met apologie aan Toon van den Heever)
Comments