top of page
Izak de Vries

Skrywer, geskryfde

Het julle Die Prinses se stuk oor my gesien op haar blog? Ek voel baie gevly daaroor. Ook, effens uitgefreak, want sy’t my verskriklik goed opgesom.

Ek wil in dié lig ook sommer Tronkie se benoude vraag beantwoord of ek dan nou regtig ’n tepelfetisj het? Tronkie, die antwoord is glad nie. Geensins. Een van die karakters is wel bedônerd en hy maak interessante aanmerkings oor vroumense. Maar, kyk self hoe hy sy praatjies verander.

Een staaltjie sal ek wel deel: Daar is ’n klein kamee in die verhaal “Diep Blou” van ’n vrou wat so aan haarself vat. Dít het ek beleef. En die gesprek wat daarna gevolg het, is taamlik na aan die been. (Die res, besluit maar self.) En, moet ek sê, dit was een van die mooiste, teerste oomblikke wat ek al ondervind het.

Riana Scheepers was stout, maar goed, in die manier waarop sy die boek aangepak het. Sy’t vroeg al gewaarsku dat haar lees nie akademies is nie. En dis great. Sy’t haar D laat links lê en kaalvuis ingeklim.


Tog, en dit is iets wat Riana, opsetlik, verswyg het: Die karakters praat ander woorde as die skrywer. Ek pak geweldig baie fiksie tussen my en die boeke. Ook om die mense oor wie skryf, te beskerm. (’n Hele paar sal hulleself herken, maar ander sal nie.) Daar is ’n vrou wat reeds (geskok) gereageer het sonder om te weet dat haar niggie se storie gehelp met van die navorsing.

Ek is mal oor mense en hulle stories. En daar is amazing mense daar buite, ook hier op die blogs.

En kyk net: Daar sit iemand in Engeland en skryf Izak. En sy maak vir Izak amper lewendiger as wat Izak self is.

Lank lewe stories!

1 view

Recent Posts

See All

Ena Murray deur die oë van ander

Ena Murray: 27 Desember 1936 – 4 Junie 2015 Alle foto's deur Susan Bloemhof Lekkerleesboekrak op Facebook was die eerste. Voor sonop was...

Why? / Hoekom?

A brief explanation on why I run without shoes. (Afrikaans hieronder) Nou die Afrikaans: Hoekom kaalpoot?

Comments


bottom of page