top of page
Crito

Skitterend

Oolog, deur Nathan Trantraal. Resensie: Charl-Pierre Naudé (Rapport Boeke) Kan ’n mens lekker lees aan ’n resensie van ’n bundel poësie? Kan ’n resensent met een slag ’n bestekopname doen van ’n oeuvre wat tans drie sterk staan? Kan ’n resensent ’n breë perspektief gee oor ’n bundel se tematiek én nie betrokke raak by die debat nie? Kan ’n resensent stilweg vir ’n digter aandui watter slaggate op sy pad lê sonder om soos ’n gryse wyse te klink? Kan ’n resensent met een klein opmerking aansluit, heel geregverdig, by ’n gans ander literêre debat, maar steeds ’n sterk stelling maak oor die poësie voor hom? Die antwoord op al dié vrae is ja. Híér is nou ’n skitterende resensie.

Skag, deur Jaco Wolmarans. Resensie: Fanie Olivier (Rapport Boeke) Skag, deur Jaco Wolmarans. Resensie: Francois Bekker (Boeke24) Een boek, twee benaderings. In Fanie Olivier s’n galm die akademie nog, by Francois Bekker is daar ’n persoonliker aanslag, ’n bereidwilligheid om die leser in te trek. “Op ’n naaldpunt,” begin Bekker. “Jaco Wolmarans se debuutroman, Bos, het vroeg verlede jaar heelwat aandag getrek en goeie resensies ontvang,” val Olivier weg. Albei ag Wolmarans se navorsing hoog, albei is beïndruk met die plot. Maar Olivier kyk verder, miskien omdat hy ouer is en in die jare tagtig, waarteen hierdie roman afspeel, in die midde van die politieke gewoel gestaan het. Die dinge wat hy krities bekyk en te lig vind, wentel om geloofwaardige karakters en die diepte van hul diskoers. Bekker skyn hierdie dinge nie steurend te vind nie, en slaan die roman hoog aan as spanningsroman. Olivier dink duidelik dat Wolmarans nog aan die ontwikkel is, en dat sy tweede boek beter is as sy eerste. Uit hierdie twee resensies kry mens dan een boodskap: Wolmarans kán goeie spanningsromans skryf, en jy is bewus daarvan dat hy nog verder as romanskrywer sal moet ontwikkel. Vir die gewone koerantleser sal Bekker se bespreking klokkies lui, terwyl Jaco Wolmarans self Olivier s’n waardevoller sal vind.

Oopmond, deur Jan Vermeulen. Resensie: Anke Theron (LitNet) Pragtige nuwe konsep wat Theron geskep het: “beurtkragboeke”.

0 views

Recent Posts

See All

Swaai sterk

Soveel as wat ek saamstem met die toekenning van KykNet en Rapport se pryse vir die beste boekresensente van 2021 aan Jean Meiring,...

Irritasie

Ja, die kat kom terug. Lekker lang vakansie. Rustige dae met die Suid-Afrikaanse ambassadepersoneel terwyl ek probeer om my lewe weer...

El anciano gooi mielies

Kon sweer ek het Breyten Breytenbach gister in Barcelona sien stap. Dit blyk toe egter ’n ou Spaanse omie te wees, en ek sit met die daai...

Comentarios


bottom of page