top of page
Izak de Vries

Seuntjies!


Genoeg gewroeg vir eers. (Kassie sê my blog begin klink na die Mail & Guardian.) Dus, hiermee ’n oomblik uit my lewe.

Kleinman ontdek vanoggend miere in die eetkamer. Hy haat miere. Hy wil hulle vergiftig. Ek pleit vir ’n alternatief en belowe om hulle op te vee.

Ek gaan kry die nodige, net om terug te kom en te sien hoe kleinman ’n halfkoppie Sunlight Liquid op die miere uitgee.

Goed, hulle is morsdood, en dis meer organies, ek stem. Maar saam-saam besluit ons dat dit beter is om op te vee voor sy ma by die huis kom.

Ek sê ek gaan lappe kry, en verdwyn.

Ek kom terug en kleinman het reeds twee liter water op die seep gegooi.

Genade.

Ons vee op, maar hoe meer ons opvee, hoe meer skuim dit en hoe verder versprei die probleem. Verder is pa en seun albei kaalvoet, en ons hardloop heen en weer wasbak toe ...

Na ’n paar minute sê ek: “Nee! Wag, ek gaan haal handdoeke.”

Vier groot handdoeke later begin ek en hy op en af skaats op die vloer. Dit werk. En kleinman sê: “Now the fun starts!”

Laat my dink aan Dr Zeus se The cat in the hat. Ek het gevoel soos die outjie wat van die pienk moes ontslae raak.

1 view

Recent Posts

See All

Ena Murray deur die oë van ander

Ena Murray: 27 Desember 1936 – 4 Junie 2015 Alle foto's deur Susan Bloemhof Lekkerleesboekrak op Facebook was die eerste. Voor sonop was...

Why? / Hoekom?

A brief explanation on why I run without shoes. (Afrikaans hieronder) Nou die Afrikaans: Hoekom kaalpoot?

Comments


bottom of page