top of page
Izak de Vries

Sagte vuurwerk


Ek het onlangs vir julle vertel van Herman van den Berg. Vanaand wil ek julle bekendstel aan nog ’n knaap wat in die nag sit en skryf en dan baie mooi musiek maak. Sy naam is Simon van Gend.

Simon is so ’n lang ou met ’n stoppelbaard en die meisies by die werk is mal oor hom. Hy kom nogal gereeld daar by ons aan, want kunstenaars maak nie geld in Suid-Afrika nie, hulle moet werk. En Simon maak boeke. Hy set hulle en maak hulle mooi.

Pocketsongs is Simon se tweede album en dit word uitgegee deur 2 Feet Music en versprei deur IRIS.

Hoekom moet julle die cd ondersteun? Wel, as jy van Bob Dylan hou, kan jy jou ore spits. Hierdie man se musiek laat my dink aan Bob Dylan in sy jong dae. Dit is sagte, akoestiese folkmusiek.

Soos Herman van den Berg se komende cd, is Pocketsongs tuis opgeneem, voor ’n vuur. Die gehalte is goed.

Simon skryf se eie musiek en lirieke, hy speel die akoestiese kitaar en hy sing ook. Hy word bygestaan deur Eric Michot op baskitaar en Ross Campbell on die tromstel. (Ross het al saam met Just Ginger en ’n heel paar ander groot bands gespeel.) David Maclean het die cd vervaardig.

Daar het ook ’n paar groot name kom kuier in die aande by vuur. Tony Cox was daar, met sy meesterlike kitaar, Alex van Heerden het ’n bietjie kom blaas op die bekfluitjie. En, net as jy dink dit kon nie beter nie, verskyn Zolani Mahola, daardie fantastiese voorsanger van Freshly Ground ook in die vlamme. Gooi die klassieke stem van Inge Beckman by ...

En wat van die lirieke? Dié snit kom uit “Billions of Apes”:

you come in so many shapes you hope to fit in someday somewhere with someone but you’re just one of billions of apes complicated by the need to feel like you’re someone

En dan is daar hierdie lekker woorde, die snit se naam is Mercurochrome:

home is where I want to be won’t you take me home I’m trying to heal a broken bone with mercurochrome

Julle kan die cd bestel by Simon op sy webruimte: www.simonvangend.co.za.

1 view

Recent Posts

See All

Ena Murray deur die oë van ander

Ena Murray: 27 Desember 1936 – 4 Junie 2015 Alle foto's deur Susan Bloemhof Lekkerleesboekrak op Facebook was die eerste. Voor sonop was...

Why? / Hoekom?

A brief explanation on why I run without shoes. (Afrikaans hieronder) Nou die Afrikaans: Hoekom kaalpoot?

Comments


bottom of page