Ek was vanaand by die opening van Susan Kruger-Grundling se “Sal ek onthou ... sal ek vergeet” en Hennie Meyer se “Stripped”. Hier is die twee kunstenaars:
Baie dankie, Pruimtwak! Dit was heerlik. (Min kaas, genoeg wyn, maar ek moes bestuur, ai tog.) Joan Hambidge het egter vir almal laat weet dat sy not ’n dôner sal open voor haar bier nie gedrink is nie.
Toe die bier in is, vertel sy ons hoe alles inmekaar steek. Joan was wonderlik, soos gewoonlik. Ons het heerlik gelag.
Julle ken seker dié gesig? Dis hier waar Pruimtwak se avatar vandaan kom.
Dit was deel van ’n reeks getiteld: Indien. Ek vra toe vir Susan: “Hoe ken jy vir Bobby?”
En sê: “Hy het een hele nag langs my op ’n vliegtuig gesit!”
Ek ken Hennie Meyer se werk nou al lank, en is mal oor hierdie gestroopte swart werke.
Gewoonlik is hulle bonter, maar die vorms bly pragtig.
Alle fotos: (c) Izak de Vries
Comments