Kyk, die manne is ernstig oor hul krieket in Kwazulu-Natal. Sommer twee wedstryde in twee dae was op die naweek se spyskaart vir Laddsworth se o/11’s.
Vrydagmiddag het “ons manne” Merchison in Pietermaritzburg gepak. Die seuns speel in tradisionele wit (darem kortbroek). In hul krieketsakke is alles denkbaar, tot dystutte (thigh pads). Langs die veld is ‘n telbord wat bal vir bal bygehou word.
Kleinseun Thomas het met sy snelballe twee paaltjies laat kantel – o/m. die topkolwer van Merchosin net duskant sy 50 skoongeboul. Jacob het hardnekkig vasgeskop met die kolf. Hulle het nietemin verloor.
Saterdagoggend het die Laddsworth-spannetjie Winterton (al die pad van Underberg af) op sy tuisveld op Hilton gepak, en goed gewen. Thomas was weer een van die paaltjievatters.
Ouma Tokkie wou sommer trane stort as hy die penne so oopkloof.
Foto’s: Jacob en Thomas in hul krieketmonderings; Thomas stoom in om te boul, Jacob voor die telbord, en Winterton doen veldwerk.
Commenti