top of page
Uitmelkbos

OPERASIE-PRAATJIES


IMG_9455

In my geval, gister ‘n week gelede in die Panorama Medi-Clinic, het  die gesprek by hengel gedraai, en hoe harde werk die stokperdjie kan wees. Jy moet vroeg roer, hoor, as jy ‘n vissie wil inkatrol! 

Ander onderwerpe het by my verbygegaan.  Was toe in ‘n diepe droomland. Onthou net dat ek in die arms was van die kleinste verpleegstertjie wat ek nog gesien het  toe die spinale blok toegedien is. Hoop sy het my sagkens neergele.

Daarna eers weer begin kennis neem toe ek die onheilspellende geluide uit die rigting van my regterheup begin optel.  Boor? Saag?  Ek is nie seker nie, maar dit het luid ge-grrrr.  Dit is gevolg deur ‘n onmiskenbare doef-doef-doef. Die nuwe heuppotjie is klaarblyklik met ‘n paar stewige rapse met ‘n hamer afgerond.

Voel in elk geval stewig genoeg!

Naskrif: Die foto hierbo het ek op Facebook gesit met die volgende pardodie op die liedjie oor die rooi rok voor die deur:

Hier’s ek wee, hier’s ek wee

met my hups heup by die see;

al slaan jy my nou drie maal op die kop,

dan staan ek op, dan kom ek wee …

tot langs die see.  

0 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Comments


bottom of page