Ai mense, soos ’n pa seker nie kan ophou glimlag oor die kinders se prestasies nie, so kan hierdie boekpa nie ophou glimlag as die boekkinders goed doen nie.
Protea, waar ek tans my brood verdien, het twee baie belangrike toekennings ontvang hierdie jaar by die ATKV se Woordveertijes.
Vanjaar se Woordwystoekenning gaan aan Annerlike Afrikaans, uitgegee deur, ja, Protea Boekhuis. Dr. Anton Prinsloo is die samesteller.
Dis ’n stunning boek, as julle dit nog nie onder oë gehad het nie, loer asseblief hierna!
Die beoordelaars het gesê: “Annerlike Afrikaans is nie maar net nog ’n woordeboek waarmee ’n skrywer sy publikasielys wou verryk nie. Dit is ’n naslaanbron vir die deskundige sowel as leek waarmee die Afrikaanse leksikografie, die Afrikaanse taalkunde en die Afrikaanse lekkerleesmark verryk word.”
Beter kon ek nie!
Die 2010 Dramateksprys gaan aan Willem Anker vir sy verhoogstuk Skrapnel. Dié drama is reeds vroeër vanjaar deur Protea bekom vir publikasie en sal in 2011 verskyn. (Anker het by die ontvangs van sy prys al klaar sy uitgewer bedank!)
Groete van huis tot huis!
Comentários