top of page
Izak de Vries

Ons is by die Woordfees

Die jaarlikse Woordfees in Stellenbosch is weer op ons (4 – 13 Maart). Ek sal probeer om nog veel meer hieroor te skryf, maar vir nou net eers die boeke waarby ek betrokke is.

Boek: Sprakeloos, deur Tom Lanoye

Wie: Tom Lanoye en Daniel Hugo (wat ook die boek vertaal het)

Wanneer: Maandag 7 Maart om 10:00

Waar: Die Boektent

En, dis nie al nie: Tom Lanoye doen ook ’n minidrama rondom hierdie boek. As julle Tom al ooit gesien perform het, sal julle weet dis nie iets wat jy mag mis nie. As jy hom nog nooit in so ’n drama gesien het nie, is dit jou geleentheid!

Wanneer: Maandag 7 Maart om 20:30

Waar: Die Klein Libertas Teater.

Terloops: Luister na RSG op Maandag 7 Maart, tussen 13:00 en 14:00. Iris Bester wil graag met Tom praat gedurende hierdie tyd.

Boek: Soeker, deur Pieter Cilliers

Wie: Pieter Cilliers in gesprek met Yolanda Dreyer

Wanneer: Dinsdag 8 Maart om 15:00

Waar: Die Boektent

Terloops: Luister na RSG op Dinsdag 8 Maart, tussen 07:00 en 08:00. Cobus Bester gaan met Pieter gesels.

Boek: Hanlie Retief gesels met, deur Hanlie Retief

Wie: Hanlie Retief gesels met Andries (Roof) Bezuidenhoudt

Wanneer: Woensdag 9 Maart om 15:00

Waar: Die Boektent.

Terloops: Luister na RSG op Woensdag 9 Maart, tussen 13:00 en 14:00. Iris Bester gaan met Hanlie gesels.

Boek: Biografie van ’n Bende, die Storie van Fokofpolisiekar, deur Annie Klopper

Wie: Annie Klopper , Henry Cloete (’n musiekjoernalis) en Fokofpolisiekar

Wanneer: Donderdag 10 Maart om 15:00

Waar: Die Boektent.

Terloops: Luister na RSG op Donderdag 10 Maart, tussen 13:00 en 14:00. Iris Bester wil met Hunter Kennedy praat rakende sy gevoel oor hierdie boek.

Ek gaan by hierdie geleenthede wees, so kom skud blad, asseblief.

As julle na mý wil luister, om een of ander rede, ek tree op saam met Karin Brynard, Kerneels Breytenbach en Chris Marnewick. Wanneer? Saterdag 12 Maart om 14:00 by die Boektent. Ons stuk se naam is Bloedspoor. Kom gril!

Julle kan ’n volledige Woordfeesprogram hier kry: http://www.woordfees.co.za/program/

3 views

Recent Posts

See All

Ena Murray deur die oë van ander

Ena Murray: 27 Desember 1936 – 4 Junie 2015 Alle foto's deur Susan Bloemhof Lekkerleesboekrak op Facebook was die eerste. Voor sonop was...

Why? / Hoekom?

A brief explanation on why I run without shoes. (Afrikaans hieronder) Nou die Afrikaans: Hoekom kaalpoot?

Comments


bottom of page