Dankie Izak, ek is deurmekaar, want dit is ook maar net 'n mindset. Die vraag is, is dit ewe maklik vir almal om kop omhoog te hou?
Ek het haar toe geantwoord, op daardie inskrywing, maar ek dink ek gaan die debat nou in die ope gooi.
Hier, dus, is my antwoord op haar. Kritiseer my gerus!
Prinses Ek het baie vriende en familie wat reeds die land verlaat het. Ek verstaan. En ek moet erken dat daar dae was (en is) waar ek self na die tralies voor my venster sit en kyk en dink, moet ek vir die res van my lewe in 'n tronk bly om veilig te wees? Maar, om net eenvoudig / een-voudig / een-vlakkig te sit en kritiseer, wat help dit? Ons MOET korrupsie ontbloot en kritiseer. Ons MOET Jacob Zuma se pogings om die reg te verkrag met sy duur prokureurs (waarvoor my belastinggeld betaal), kritiseer. Maar dan kritiseer ons goed wat kan verander. Die enigste manier waarop ons 'n beter lewe vir ALMAL in Suid-Afrika kan bewerkstellig, is om 'n beter lewe vir ALMAL te bewerkstellig. Dit sluit in: - 'n Basiese betaling aan almal om kos op hulle tafels te sit. - Beter polisiëring in die arm buurte, dus moet die polisie opgelei word en die slegtes gefire word - Beter onderwys, dus moet vrot onnies gefire word - Beter staatsdepartemente, dus moet lui, slapgat, nikswerd mense in die staatsdiens gefire word. Ek het nie pyne daarmee as jy spesifieke goed rondswaai en internasionaal druk plaas op die regering om daaroor iets te doen nie. Ek het wel 'n pyn as 'n mens cluster bombs gooi en mense beseer wat niks met die saak te doen het nie. izak
Ten einde laas wil ek sê: Lees weer Lorinda se inskrywings oor die hangery in Engeland. Ek het baie daaroor gelees ’n paar jaar gelede. Hoe meer geweld die staat toepas, hoe meer geweld is daar vanaf die gepeupel. Hoe sagter die staat, sonder om op te hou om misdaad aan te spreek, hoe beter gaan dit in ’n land.
Lees ook gerus André Coetzee se Kom sit sommer by die tafel. Daarin skryf hy in detail vanwaar ons die geweld kan herlei.
Ons moet kritiseer, maar dan, voel ek, moet ons die probleme aanspreek.
Maar ons moet ook die positiewe raaksien.
Praat ’n bietjie met mense wat deur die Thatcher-jare in Engeland gebly het – droewig. Praat ’n bietjie mense wat vandag nog “homeless shelters” in Engeland bedryf. Lees Annesu oor die manier waarop mense uitreik na armes in Kanada.
Suid-Afrika was ’n gatlike plek vir 75% van ons bevolking vir baie jare. Daar was tye wat ek en my swart vriende in townshipkerkies gesing het: “We shall overcome,” maar nie geweet het wanneer nie.
Dus, voel ek, kyk hoe Stray Cat en ander mense help. Kyk hoe gee ander om, en spring in om te help.
Okay, genoeg gepraat!
izak
Comentarios