Nico Smit het vanoggend gesterf.
Smit was 'n outydse NG Dominee en 'n Broeder wat stelselmatig apartheid begin bevraagteken het. Hy het toe in Mamelodi-township gaan bly en daar gewerk. Om daar te bly was onwettig op daardie stadium. Die Nasionale Party en die NG Kerk was woedend oor Smit se optrede.
Smit het klaarblyklik vanoggend 'n vriend se tagtigste verjaarsdag bygewoon toe hy inmekaargesak het.
Smit was 'n held van die struggle, al sal Julius Malema dit nooit verstaan nie.
Comments