Vreemde assosiasies wat soms spontaan by ‘n mens opkom. Met die 80ste verjaardag van my Bloemfonteine buurman Chris van Rensburg dink ek skieik aan Volkskas, die bank wat nie meer is nie.
Waaraan ek eintlik dink, is die ou Volkskas-logo: twee hande aan ‘n ploeg wat die aarde omdolwe. Een aan die leuse: Arbeidsaamheid.
As ek Chris met een woord moet beskryf, is dit arbeidsaamheid. Hierdie gewse vise-rektor van die Sentrale Universiteit van Tegnologie is ‘n man wat hand aan die ploeg slaan.. Wat nie skaam is om hand uit die mou te steek nie. Wat nie met sy hande gevou sit, met sy hande in sy skoot sit, met sy hande in sy broeksak staan of bang is om sy hande in koue water te verbrand nie . Daarby is hy ‘n handige man. Sy hande staan vir niks verkeerd nie.
As hy nie die akademnie gekies het nie – dierkunde is sy vak – sou hy ‘n loopbaan kon volg as “handyman”. Nutsman, om nou mooi Afrikaans te praat. Cris is ‘n kombinasie van timmerman, loodgieter, werktuigkundige, elektrisiën …. Noem maar op.
Ons paaie het in in1981 gekruis in Bloemfontein. Amper tien jaar lank het ons skuins oorkant mekaar gewoon in Dan Pienaar, hy en en die borrelende wyle Annette in Kmdt. Senekalstraat, ek en Tokkie in Genl. Van Schoor. Ons het dadelik gekliek en het graag saam gekuier, in Bloemfontein, die Krugerwildtuin en Namibie. Later ook in die Oos-Kaap. (Addo) en in Sabiepark. .
As buurman het ek hom hom leer ken as iemand wat nie vir sy hande die saligheid belowe nie. Dit was uitputtend om te aanskou hoe hy sy hand aan die ploeg slaan. Waar ‘n ander ou die geelbladsye sou nader pluk en “let their fingers do the walking through the yellow pages”, sou hy self die saag, die hamer, die snoeiskệr of watter ander gereedskap ookal opneem. Met ‘n tang is hy so knap soos agter ‘n rekenaar of op ‘n podium.
‘n Helder herinnering van Chris as tuinier en van ‘n Sondagoggend. Inmontlik vroeg het sy grrassnyer begin dreun. .Die buurt was gewek. Toe hy klaar is, gaan stort hy en klim terug in die kooi. Min gepla.
Sy algemene handigheid het hy by ook by die braairooster gedemonstreer. Op Luderitz het hy in slegte weer vir ons krewe in die rondawelhuisie se stort gebraait. Een aand in Bloem was dit frikkadelle as ‘n “hodurfie”. Toek kantel die braaier. Ons twee moes met flitsies handeviervoet agter die gevalle soldate tussen die blomme aankruip . Annette was nie geamuseer nie.
Van “hande” gepraat: Chris is ook ‘n handhawer. Handhaaf gesonde waardes en hoë peil van ingeligtheid. Hy weet wat in die wệreld aangaan en hy het oor alles sterk opinies. Hy vang my dikwels uit dat ek nie so op die hoogte is as wat ‘n mens van ‘n oud-koerantman sou verwag nie. !
Die word “handhaaf” is ‘n eie neef van die Franse “maintenir” waar Engelse “maintain” geleen is. Chris het hom nie net betoon as instandhouer van bates, vas of roerend, nie, maar ook vriendskappe. Hy het ‘n oop hand vir sy vriende. As jy sommer net wil korswel, diep gesels, verstandige raad wil vra of prikkelende menings soek … Chris is jou man. Ek het twee glasies vonkelwyn (een van sy gunstelingdrankies) geklink. op my groot vriend, nou van Kleinmond. Een Vrydag toe hy verjaar het en ‘n tweede Saterdag toe dit by Stellenbosch gevier is saam met die huwelik van sy dogter Elindi met Fernando van Meksiko. Die huwelik is voorheen in Meksiko voltrek.
Op die foto’s is Chris, wyle Annette en Tokkie op Melkbos, ek en Chris in Sabiepark en Chris met sy kleindogter klein Annette .Deel dit:
Comments