top of page
Uitmelkbos

‘n Gebeurtenis

Woordeboek van die Afrikaanse Taal Deel XV, onder hoofredakteurskap van Willem Botha. Resensie: Ingrid Winterbach. (Boeke24) Net een resensie waaroor ek vandeesweek wil skryf. Goue ster teen die voorkop van die boekeredakteur, wat die blinkste van ingewings gekry het om Ingrid Winterbach dié woordeboekband se bespreking te laat doen. Dis nou Augustus, maar dit is reeds vir my die beste resensie van die jaar. Glo jy my nie? Wel, vra jouself liewer self af: Hoe resenseer mens ’n woordeboek? Hè? En dit gaan nie om ’n geklets oor ’n lemma of twee nie. Dit gaan oor die manier waarop al die kritiek van die verlede oor WAT se verlangsaming verwerk is. Waarop nuwe dinge raakgesien word, en die onderwerp van ’n taal onder beleg gesuggereer word, sonder ’n nerveuse gesokkel rondom dinge wat nie genoem is nie – die bla-bla waarmee vorige bande van die WAT begroet is. Winterbach baljaar met die nuwe woorde, stort ’n traan oor woorde wat oud geword het, en spreekwoorde wat verdwyn. Implisiet in haar bespreking is agting vir die monnikewerk van die WAT-span, en respek vir die hoë en vindingryke peil waarop hulle dit doen.Ek wil my verstout om te sê dat hierdie nie n bespreking is nie. Dis ‘n gebeurtenis.

2 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Comentarios


bottom of page