top of page
  • Izak de Vries

My ouma was nie noodwendig die coolste nie

* * *

* * * Ek was gelukkig om my twee oumas te kon ken. Vroeër vanjaar het ek reeds oor my een ouma, Miep Nienader-Luitingh, ’n bekende akademikus en skrywer, iets geplaas. Hier is ’n skakel.

* * * Maar ek wil nou eers my ander ouma huldig – die ouma aan my pa se kant. Sien die foto heel bo. Ouma Magdalena (Lenie) de Vries was redelik trots daarop dat sy nie cool was nie. Sy was maar ’n moeilike entjie mens en was nogal gesteld daarop om kuis te wees. Haar rokke was vreeslik kuis en sy het altyd sykouse gedra. Haar skoene was glad nie oulik nie. Dié tannie was baie trots daarop dat haar eie man haar nooit kaal gesien het nie. Nooit kaal gesien nie? Wel. Hulle het saam twaalf kinders groot gemaak. Jip. Hierdie ouma van my was die ma van twaalf kinders. My pa was die jongste. Ek onthou haar nie as cool nie, maar ek het al baie gewonder hoe dit sou wees as sy ook die geleentheid gehad het om te gaan studeer? Sy was skrander, dis nou maar wors. Net drie van haar twaalf kinders kind het universiteit toe gegaan, maar almal was suksesvol. Van haar kleinkinders is boonop uitstekend.

  1. Petrus de Vries, die hoof van kinderpsigiatrie by Rooi Kruis is een van die gerekende mense in die wêreld in sy veld.

  2. Sy suster is die marimbaspeler, Magda de Vries. Jip. Ouma se naam.

  3. Of wat van Marinda van Zyl, die skrywer van Wilhelmina Radebe kom tuis? (Ook beskikbaar as e-boek.) Bo en behalwe hierdie wonderlike storie, het sy ook twee meestersgrade en ’n PhD gedoen.

  4. My kleinsus, Marianne, is deesdae ’n groot kokkedoor in Engeland, maar was baie lank die dokter wat Dieremaniere op RSG aangebied het. (Sy sou ook Magdalena heet, maar daar was toe al ’n paar in die familie.) Dus? As die appels nie ver van die boom val nie, het hierdie stugge ouma sonder enige opleiding ’n wonderlike werk gedoen. ’n Mens wonder hoeveel ander oumas daar is wat ook heimlik gedroom het oor meer as kindersmaak?

* * * Marita se wonderlike boek is nou beskikbaar. Wat meer is, Marita nooi jou om ’n foto van jou en jou kleinkind op haar Facebookgroep te plak. Die oulikste foto sal jou die kans laat staan om saam met Marita te gaan koffie of tee drink wanneer sy volgende jaar weer Suid-Afrika toe kom. As jy slim genoeg is om ’n kopie van Die coolste ouma op aarde by jou foto in te sluit, dan gaan jy sommer nog punte bykry!

Koop die pragtige boek hier.

* * *

Kliek hier vir die volgende inskrywing, oor my ander ouma, Miep.

7 views

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page