top of page
Izak de Vries

My digdebuut oorskadu


Ja, ek het ook nou al gedigte gepubliseer. Drie van my pogings is opgeneem in Toulopers, saamgestel deur Jaco Jacobs – en uitgegee deur Lapa.

Die bloemlesing het vandag opgedaag en ek is regtig tevrede met hoe dit gekom het. Ek dink kinders sal mal wees daaroor en heelwat van die gedigte is knap. (Ek sal ander vra om oor myne kommentaar te lewer.)

Saam met Toulopers het ’n pakkie uit die VSA gekom. This thing called the future, deur JL Powers, is ’n baie slim en goedgeskrewe roman oor ’n jong meisie wat haar gesin sien sterf aan Vigs – en tog wil sy ook net liefgehê wees – soos enige ander jong mens. Jessica, die outeur, is ’n Amerikaanse akademikus wat lank hier in Suid-Afrika navorsing gedoen het. Sy praat beter Zoeloe as ek. Jessica was al ’n paar keer by ons aan huis.


Ek het die voorbladfoto geneem van die meisie wat so haar kop wegdraai van die kamera. So, ek skat dis my eerste internasionale voorblad. (Hier ter plaatse is ’n paar van my foto’s al op voorblaaie gebruik.)

Hier is ’n video wat haar uitgewers gebruik om die teks mee te bemark – hulle gebruik twee van my foto’s hierin.


Maar, ongelukkig, het ’n ander boek ook vandag op my skryftafel beland. Annette Human se pragtige nuwe Welgedaan. En, raai wat, daar gryp my vrou hierdie een en sy is verruk deur Human se boek (ek moes summier nog bestel) en wens my darem so floutjies geluk met die twee tekste waarin my goete is!

2 views

Recent Posts

See All

Ena Murray deur die oë van ander

Ena Murray: 27 Desember 1936 – 4 Junie 2015 Alle foto's deur Susan Bloemhof Lekkerleesboekrak op Facebook was die eerste. Voor sonop was...

Why? / Hoekom?

A brief explanation on why I run without shoes. (Afrikaans hieronder) Nou die Afrikaans: Hoekom kaalpoot?

Commentaires


bottom of page