Martin Steyn se Donker spoor is Saterdag 9 Augustus by Protea Boekwinkel op Stellenbosch geloods. Jonathan Amid het die gesprek gelei.
Jonathan Amid en Martin Steyn voor die tyd.
Lous Esterhuizen gee baie hoog op oor Donker spoor. Louis beweer Donker spoor is waarskynlik die beste krimidebuut in Afrikaans.
Martin en Jonathan aan die gesels. Dit was ’n baie interessante praatjie.
Helené Prinsloo van BooksLive het die bekendstelling gedek.
Martin teken Adinda Vermaak se boek.
Blaauwklippen het die wyn geborg.
Die Blaauwklippen Chenin Blanc is lig en vol vrugte. Die Blaauwklippen Merlot is swaarder, maar daar is nog heelwat bessies in.
Ingrid Woudstra en Jonathan.
Comments