top of page
Izak de Vries

Martin Steyn en Vita du Preez in Somerset-Wes

Wordsworth Books in die Somerset Mall was so gasvry om Martin Steyn se debuut, Donker spoor, en Vita du Preez (beter bekend as Janie du Plessis) se roman, Waar die son omdraai, bekend te stel.


Hier is die twee skrywers.


Die boeke is pragtig uitgestal.


Leopard’s Leap was weer die vrygewige borge van die wyn. Die meeste van ons ken hierdie lekkerkuierwyn van hulle, maar onthou om hulle plaas te besoek en die uitstekende kulinêre reeks te gaan proe; dié vlagskipreeks is nie geredelik in winkels beskikbaar nie.


Ek het die gesprek gelei. Dit was baie pret. Daar was baie mense en heelwat boeke is verkoop.

Iets oor die boeke

Waar die son omdraaiWaarom doen mense vrywillige werk? Sinisme omring dikwels die hordes vrywillige werkers in Afrika en talle mense sal vir jou sê dat daar is in die NRO-veld net drie kategorieë is: Vlugtelinge, Sendelinge en Huursoldate.

Thea is ’n vlugteling. En Matt Barnard? ’n Verwarde sendeling? ’n Huursoldaat? Of hardloop hy ook maar weg? ’n Huursoldaat is hy nie, dit kom Thea gou agter, maar wat dan?

Thea Jonker beland met malaria in die hospitaal waar Matt werk. Thea is ’n gewilde TV-aktrise wie se loopbaan kortgeknip word wanneer sy in ’n motorongeluk betrokke is. Haar voorkop kry sleg seer en die litteken laat haar weghardloop. Sy besluit om vrywillige opheffingswerk in Mosambiek te gaan doen, waar haar pad met dokter Matt Barnard s’n kruis.

Matt Barnard, ’n plastiese chirurg, het egter sy eie duiwels om te besweer. Hy is ontnugter na ’n bitter egskeiding en hy twyfel aan sy geloof, wat altyd ’n integrale deel van sy menswees was, wanneer een van sy pasiënte sterf. Matt besluit om by ’n Benediktynse klooster naby Vilanculos te gaan besin en hopelik helderheid oor sy pad vorentoe te kry.

Hier is ’n denkende skrywer wat haar karakters se ontwikkeling só menslik maak, dat ’n mens nie anders kan as om iets by hulle te leer nie.

* * *

Donker spoor: Louis Esterhuizen, die bestuurder van Protea Boekwinkel op Stellenbosch, sê in sy nuusbrief: “’n Besonder opwindende debuut is Martin Steyn se spanningsroman Donker spoor.”

’n Hoërskoolmeisie se liggaam word ’n ent buite Durbanville ontdek. Wanneer die patoloog sien dat die meisie gehang is, onthou sy ’n soortgelyke geval.

Die middeljarige inspekteur Jan Magson volg saam met inspekteur Colin Menck die spoor: Hulle ondersoek die onderwyser met ’n verlede; hulle kaap “liefdesbriewe” wat klaarblyklik deur die moordenaar na die meisie se ouerhuis gepos word; hulle betrap ’n swembadskoonmaker wat hoërskoolmeisies afneem... Wie is verantwoordelik?

Die heeltyd is daar ook die donker spoor wat die kankerdood van Magson se vrou in hom agtergelaat het, sy stukkende verhouding met sy seun in Engeland en alleenaande saam met sy dienspistool.

Donker spoor is die gevolg van jare se navorsing. Martin Steyn het elke aspek van sy verhaal in detail bestudeer. Hy het al verskeie nie-fiksietekste gelewer vir publikasie in die VSA.

Hou die naam Martin Steyn dop!


Vita teken ná die gesprek boeke.


Martin teken ná die gesprek boeke.


Hier deel Martin en Carol Wright ’n ligte oomblik nadat sy vir hom ’n glasie Leopard’s Leap in die hand gestop het. Carol is die bestuurder van Wordsworth Books in die Somerset Mall.


Onthou asseblief om winkels te ondersteun wat ons ondersteun! Die boekbedryf het vriendelike winkels nodig.

5 views

Recent Posts

See All

Ena Murray deur die oë van ander

Ena Murray: 27 Desember 1936 – 4 Junie 2015 Alle foto's deur Susan Bloemhof Lekkerleesboekrak op Facebook was die eerste. Voor sonop was...

Why? / Hoekom?

A brief explanation on why I run without shoes. (Afrikaans hieronder) Nou die Afrikaans: Hoekom kaalpoot?

Comments


bottom of page