Na aanleiding van gister se blog, skryf Awie: Hmmm … jy het my nogal laat wonder oor kuns en realisme. Kan realisme kuns wees? Pharos plaas dit onder “kunsrigtings”. Nou raak dinge te diep vir my vlak brein …
Dankie vir almal wat reeds reageer het. Ek sal nog antwoord, is net besig vanaand.
Die een hierbo is ook van Awie. Dis 'n Marmite-bottel deur PhotoShop. Is dit meer of groter kuns as die valk van gisteraand?
Wat dink julle van Kites wat sê: Myns insiens het die Dada ouens die hele "wat is kuns" konsep 'n bietjie ver gevoer! Ons besoek laasjaar die museum vir moderne kuns in Parys - een van die uitstallings is 'n winkeltrollie met 'n draaiende polisielig ...
Of Droomkind: Was dit nie Picasso wat gese het "All writers are artists who can't draw" nie?
Dis hoekom ek skryf, Dromie, maar dan sê Aletta tereg: Vir my is kuns enige voorwerp wat my herinner aan ... ja, daar het mens dus kuns voor nodig om onder "woorde" te bring waar dit my aan herinner.
En dis waar Shongololo se lekker uitdaging se moeilik is: Hoekom dink jy het ek begin met die "Paint a World with Words" uitdaging?
Earth Angel stel dit baie duidelik: Vir my is kuns ook baie verskillende dinge, maar (ek) glo ’n kunswerk moet ‘ n emosie in jou wakker maak.
Ek hou die lekkerste vir laaste: Lorinda sê: Kuns is 'n distilering of 'n oordrywing van die lewe, op elke vlak.
A! Dankie Lorinda, maar hoe doen ’n mens dit? Ek sit en dink hoe ek Shongololo se uitdaging kan distilleer.
Comments