top of page
Izak de Vries

Marita van der Vyver: a rose by any other name...


marita_280

Foto deur Naomi Bruwer van LitNetMarita van der Vyver is een van die bekendste skrywers in Afrikaans. Haar boeke vir volwassenes is uiters gewild, tog verkoop haar jeugboeke veel meer, kliek hier vir ’n lys van haar publikasies. Daar is ’n nuwe jeugboek, Swemlesse vir 'n meermin, op pad. Sy het ook al ’n aantal kinderboeke geskryf, en haar nuutste, Die coolste ouma op aarde, verskyn in Oktober by LAPA. Ek het hierdie übercool skrywer gevang terwyl sy op reis in die Franse platteland was. Danksy selfoontegnologie kan ons nou haar insigte ook te lese kry. In die VSA word #IreadYA-week gevier. Ons is meer geneig te praat van jeuglit as jongvolwasselit. Is dit ’n leemte? Maak nie vir my saak of dit jeugboeke of jongvolwasse genoem word nie, a rose by any other name... Om vir hierdie mark te skryf is bitter moeilik. Hoekom doen jy dit? Om in voeling te bly met die ewige 16-jarige in myself. En die afgelope 20 jaar ook om in voeling te bly met my kinders en stiefkinders. Daar is ’n verskil tussen kinderlitaratuur en jeugliteratuur. Wil jy verduidelik hoe jy dit sien? Ek glo jy kan enigiets sê, maar in kinderboeke moet jy dinge versigtiger sê as in jeugboeke – en in jeugboeke moet jy dinge weer versigtiger sê as in volwasse boeke. Dis maar my baie basiese onderskeid. As ons nou van jong volwassenes praat: Watter drie jongvolwasselitboeke sal jy aanbeveel? Waarlik goeie jeuglit kan ook deur volwasse lesers waardeer word. Dis die litmustoets. My goue gunsteling is steeds JD Salinger se The Catcher in the Rye. 'n Meer aktuele voorbeeld is John Green se The Fault in our Stars, wat ek pas gelees het nadat my 14-jarige dogter mal was daaroor. Wat ek verder sal  aanbeveel – hoe dan nou anders! – is my eie volgende jeugboek, Swemlesse vir 'n meermin wat vroeg volgende jaar uitgegee word...

2 views

Recent Posts

See All

Ena Murray deur die oë van ander

Ena Murray: 27 Desember 1936 – 4 Junie 2015 Alle foto's deur Susan Bloemhof Lekkerleesboekrak op Facebook was die eerste. Voor sonop was...

Why? / Hoekom?

A brief explanation on why I run without shoes. (Afrikaans hieronder) Nou die Afrikaans: Hoekom kaalpoot?

Comments


bottom of page