top of page
Izak de Vries

Manto verstaan nie

Manto, die knoffel wat gedink het Vigs bestaan nie, vlieg deesdae die wêreld vol. Net die ander dag nog praat ek met ’n projekbestuurder wat haar moes te woord staan oor ’n reuse kultuurerfenisprojek. Die ou was nog al die jare taamlik pro die regering, maar hy sê haar onvermoë om enige iets te verstaan, is skrikwekkend.

Nou het sy dit self gesê. Toe haar vliegtuig ’n noodlanding op Lanseria moes doen, het sy nie die loodse geprys nie. O, nee, sy het ’n oomblik lank uit haar newels opgestaan en gesê: "I was scared and it was devastating, I didn't understand what was happening," aldus die Mail & Guardian.

Ek vrees dié woorde som haar hele termyn as minister op.

(Ek is bly die loods is ongedeerd!)

Dat die ANC sulke inkompetente mense kan aanhou ...

1 view

Recent Posts

See All

Ena Murray deur die oë van ander

Ena Murray: 27 Desember 1936 – 4 Junie 2015 Alle foto's deur Susan Bloemhof Lekkerleesboekrak op Facebook was die eerste. Voor sonop was...

Why? / Hoekom?

A brief explanation on why I run without shoes. (Afrikaans hieronder) Nou die Afrikaans: Hoekom kaalpoot?

Opmerkingen


bottom of page