Op Vrydag 22 November het my niggie, Magda de Vries, ’n konsert gespeel saam met Anneke Lamont. Hier is ’n paar kiekies (uiteindelik). Kliek op hulle om ’n groter weergawe te kry.
Canon 5D mkII & Canon 85 mm 1.8 USM lens
1/18 f1.8 ISO2500 (85 mm)
Magda met vier stokkies. Hulle het opgetree in die St Andrew's Presbyterian Church in Kaapstad. Die konsert is geborg deur die Rupert-stigting.
Canon 7D & Canon 85 mm f1.8 USM lens
1/30 f3.2 ISO3200 (85 mm)
Anneke Lamont is 'n uitstekende pianis. Sy is deel van die span wat op Magda se cd speel.
Canon 5D mkII & Canon 70 - 200 mm f2.8 L USM lens
1/40 f2.8 ISO3200 (200 mm)
Ná die pouse het sy 'n ander rok aangehad. Die klank was steeds dieselfde. Ek is gevra om foto's te neem. Dis iets wat ek graag doen, maar die uitdaging was groot. Die beligting was glad nie reg vir fotografie nie. En 'n DSLR se sluiter klink baie hard in so 'n ruimte. 'n Mens moet die ander mense in die gehoor ook in ag neem, so ek kon nie baie foto's neem nie. As dit enigsens moontlik is, neem liewer foto's tydens kleedrepetisies. (Wat nie hier kon nie.)
Canon 7D & Canon 85 mm f1.8 USM lens
1/13 f2 ISO500 (85 mm)
Dis moeilik om nabyfoto's te neem wanneer daar nie goeie beligting is nie. Die enigste voordeel is dat die stokkies dan maklik beweging toon. (Ongelukkig maak dit dikwels dat die res van die lyf ook uit fokus lyk.) Tydens die sagte bewegings het haar lyf minder wild beweeg, maar dis ook dan wanneer die sluiter die hardste geraas het.
Canon 7D & Canon 85 mm f1.8 USM lens
1/20 f3.2 ISO3200 (85 mm, foto is geknip)
Hier erken hulle 'n waarderende gehoor.
Canon 5D mkII & Canon 70 - 200 mm f2.8 L USM lens
1/40 f2.8 ISO3200 (140 mm)
Barry Smith, orrelis en koormeester, spreek 'n aantal woorde.
Canon 7D & Canon 24-105 mm f4 L IS USM lens
1/25 f4 ISO3200 (105 mm)
Die stabiliseerder op die Canon 24-105 mm f4 L IS USM lens help baie as mense stilstaan en gesels, maar as hulle rondspring soos Magda, het jy 'n groter gat nodig om die beweging te keer. Dis hoekom ek die meeste foto's met 'n f2.8- of 'n f1.8 lens geneem het.
Magda se cd het pas verskyn. Ek is bevooroordeeld, maar ek dink dis ongelooflik mooi.
Comments