’n Hunkering se grein, deur Johann de Lange. Resensie: Tom Gouws (Boeke24) ’n Bietjie humor, baie erns, skerp analise, ’n debateerbare siening van die omslag-illustrasie. Uiteindelik: “’n ontroerende huldeblyk aan die onvernietigbare lewe, en die dood, sy gelate pleitbesorger.” Ek wens hy het ’n bietjie van die geesdrif in sy laaste opmerking in die resensie self ingebou.
Drieklawerblaar deur Christine Barkhuizen-Le Roux. Resensie: Riette Rust. (Rapport Boeke) Meer ’n inligtingstuk (weens die samevatting van die verhaal en die retoriese vrae wat mmens in só ’n stuk verwag) as resensie.
Comments