LiASA (Wes-Kaap) het my genader om ’n spreker voor te stel vir hulle jaarlikse noenontbyt. Die lede betaal uit hulle eie sak vir hierdie ete en hulle wou graag ’n inspirerende persoon hê.
Ek het Nanette van Rooyen voorgestel en het LAPA gevra om haar optrede te borg. Hier is sy saam met die organiseerders: Righardt le Roux (links) en Samantha Bennet (regs).
Nanette het almal bekoor. Sy het veral oor die navorsing gepraat wat in Ek was hier ingegaan het.
Die ete was by Simonsig net buite die Paarl.
Yusuf Ras het almal verwelkom.
Righardt le Roux het ons lekker laat lag met sy pittige optrede.
Laddy McKenzie is nog een van die uitvoerende komiteelede wat ook die luim lig gehou het.
Flippie van der Walt is die bibliotekaris van die jaar vir 2014 (landswyd). Hy gebruik veral selfoontegnologie, soos QR-kodes, om lesers opgewonde te maak oor biblioteke.
Samantha Bennet is die voorsitter van LiASA se Wes-Kaapse tak.
Carol Bergh van Tag Tron. Tag Tron was ’n borg by die geleentheid geborg. Loer ’n bietjie by jou plaaslike biblioteek – hulle verskaf daardie funky sensors om die diefstal van boeke te voorkom.
LAPA Uitgewers se stalletjie het baie gou ’n fotohokkie geword.
Comments