top of page
Izak de Vries

Letterkunde op die rugbyveld! Uiteindelik!

Hier is 'n lokprent! KYK DIT! Nou gaan ek eers vir julle van hierdie roman vertel. So twee jaar terug bel Melt Myburgh my en vra of ek na ’n manuskrip kan kyk wat by Naledi opgedaag het. So gesê, so gedaan. Ek mal oor die konsep, hoewel ek nie gedink het dit was uitgeebaar op daardie punt nie. “Goed,” sê Melt. “Sal jy die jong man kan lei?” Ek was op daardie stadium ná aan die einde van ’n kontrak met Via Afrika en stem toe in. Eerste van alles vertel ek vir die skrywer, FJ Labuschagne, dat hy Riana Scheepers en Leti Kleyn se AFRIKAANSE SKRYFGIDS moet koop en Chanette Paul se stuk oor die fokalisator moet lees. Binne weke kom hy terug en sê: “Ek het dit! Ek verstaan!” Goeie, Griet? So gou? Maar, ja. FJ het gesnap en die res van die proses was uiteindelik baie maklik. Ek het ’n paar maande later oorhandig en Naledi het nog verder gewerk daarop. Melt is na Penguin en ek is na LAPA, maar ek en hy voel albei soos trotse pa’s oor hierdie roman. Regtig, dis LEKKER om te sien die boek is klaar! (Ons is boekmense!) Dit is ’n klassieke Bildungsroman, maar so lekker en so vol testosteroon dat manne dit sal geniet. Leeskringe: Google Bildungsroman en sien hoe goed hierdie outjie die literêre boksies tiek. Manne: Trek in die boep en kyk of jy kans sien! Hierdie ou het op hoë vlak rugby gespeel, hy ken van. Hy neem jou in die losgemaal in, hy vertel jou van die pleisters en die ys en die storte. (En die seks is nie te versmaai nie.) Beseringstyd het pas by Naledi verskyn – hulle sê die boek is in die winkels. Mevrou: Jou man se Kerskous is uitgesorteer – sorg net dat jy dit self ook lees.

* * * Terloops: FJ is nie net ’n blerrie goeie rugbyspeler nie. Hy het gister sy PhD verdedig!

2 views

Recent Posts

See All

Ena Murray deur die oë van ander

Ena Murray: 27 Desember 1936 – 4 Junie 2015 Alle foto's deur Susan Bloemhof Lekkerleesboekrak op Facebook was die eerste. Voor sonop was...

Why? / Hoekom?

A brief explanation on why I run without shoes. (Afrikaans hieronder) Nou die Afrikaans: Hoekom kaalpoot?

Comments


bottom of page