Val amper uit die stoel toe die Litnet-skakeltjie hierby vanmiddag uit die bloute op my neerdaal.
Weerspieel seker ‘n taamlike gebrek aan beskeidenheid om dit aan te stuur, maar het tog maar na oorweging goedgedink om blogvriende daarmee op te saal – om te lees of nie te lees nie, deur te blaai of nie deur te blaai nie.
Een ding is seker: Oor hierdie ou van Melkbos is nog nooit iets uitvoeriger op skrif gestel nie en sal ook nooit weer nie. Wat die plasing vir my minder van ‘n turksvy maak, is dat ek ook maar plek-plek taamlik geraps word. Oordele van Cecile Cilliers, At van Wyk en Tobie Wiese is nie oral sonder angels nie!
As ek liewer nie moes nie, betuig ek grondiglik my spyt.
Kommentare