top of page
Uitmelkbos

Lawement

Rebel: Die lewe van kommandant Hans Lötter, 1873-1901, deur Chris Schoeman. Resensent: Bill Nasson (Rapport Boeke) Terwyl die land se moermeter in die rooi in neig met Eskom se mannewales, kom oom Bill en maak dinge nog moeiliker. Of is dit Rapport se subredakteurs wat mens so op ’n dwaalspoor sit met ’n opskrif wat mens half afskrik om verder te lees? Maar gelees het ek gelees, en moet sê dit was ’n lawement. Prof Nasson sê mooi dinge van Chris Schoeman se boek (dit is welkom, dit is besonder leesbaar) maar hy sê dan omtrent alles wat in die boek staan ook. En uiteindelik begin mens ’n subteks bespeur, wat Rapport se subredakteurs dan tereg gekoppel het aan die opskrif vir die resensie: Oom Bill dink die stroom boeke oor mindere figure in die Anglo-Boereoorlog raak nou baie vervelig. Ek wonder of Hans Lötter familie was van Ankia Lötter, wat in die jare toet ’n beauty queen was op Tuks?

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Σχόλια


bottom of page