‘n Operasie wat lieslangs aangepak moes word, het die uwe laat onthou van ‘n storie van ‘n ongewone reeks foto’s wat vir die eienaar van die kamera ‘n paar ongemaklike oomblikke besorg het.
Die foto was van daardie nimlike omgewing aan die lyf van ‘n vreemde man – lank voor die era van selfies, selfs lank voor die era van die digitale kamera – maar ‘n akrobatiese “selfie” as daar ooit een was.
Sal later vertel hoekom die uwe se operasie – vir die herstel van ‘n abdominale aorta-aneurisme (die sogenaamde AAA) – hom aan daardie baanbreker-“selfie” laat dink het. Laat ek eers die verhaalgegewe skets.
Basies handel my storie oor ‘n Suid-Afrikaner wat sy kamera in die kleedkamer van ‘n gholfklub in Boston, Massachusetts, verloor en weer wonderbaarlik teruggkry het – met onverwagte “rente”.
Die slagoffer was bitter toe hy ná ‘n potjie van sy geliefkoosde spel in die kleedkamer kom en sy verlies ontdek, want die film was byna vol onvervangbare foto’s van die New Englandgebied in gloedrooi herfskleed.
Ná ‘n bier maak hy toe weer ‘n draai in die kleedkamer – en hier lê sy kamera gedorie hoog en droog. Al verskil: die film is nou vol.
Toe hy sy afdrukke by die naaste “drug storie” gaan haal – pre-digitale tye, onthou – verbeel hy hom die meisie gee hom ‘n skewe kyk. Sy praat met ‘n ouer vrou agter die toonbank en die meet hom ook afkeurend op en af.
Sy blarefoto’s is pragtig, almal kalenderkwaliteit. Die laaste vier, van nommer 33 tot 36, tref hom egter soos ‘n voorhamer. Daarop, is uit verskillende hoeke, die manlikheid van die een of ander grootkaliberkalant verewig. Gewis nie sy eie nie, want hy is helaas iemand met rede tot beskeidenheid in daardie department.
Die trotse kerel van die baken waarop gefokus het, moes die kamera geleen het vir sy eie “kaal”-enderfoto’s!
Terug nou by die aneurisme-operasie.
Een moontlike gevolg, maan die chirurg, is dat die bloeding in die weefsel afsak en ‘n potblou verkleuring veroorsaak wat ‘n man nogal kan laat skrik as jy dit skielik in ‘n spieël sou waarneem.
Trouens, vir ‘n Duitser wat dieselfde paadjie as die uwe geloop het, was die blou so ontsenuend dat hy dadelik na sy kamera gegryp het. Die “selfie” van die skoktoneel is aan die arts ge-SMS met net een kort, direkte vragie daarby: “Wat gaan hier aan?”
Gelukkig dat ek gewaarsku was. Sou maar sukkel om met hierdie ou lyf sulke kontorsies uit te haal.
Comments