Vir diegene wat dalk wil weet: Die VanD’s se skip, die RMS Queen Mary 2, is op die eerste skof van sy wêreldvaart van 119 dae, die skof van Southampton na Kaapstad, op die oomblik van skrywe tot op die komma presies 2 346.27 km van Walvisbaai af . Santa Cruz, Tenerife, lê 2,719.28 km agter.
Die weer lyk eersteklas te oordeel aan die webcam-foto hierbo.
Dis nog ‘n week voor die skip Kaapstad binnevaar en agt dae voordat ons met koffertjies en al in Tafelbaai gaan opdaag op soek na ons kajuit (Cunard noem dit ‘n stateroom, wat natuurlik deftiger klink as cabin).
Ons koffertjies: daar lê die knoop, Op hierdie Sondag durf ons ons klerekaste met mening aan om te besluit wat moet saam en wat moet bly. Die jongste debat was oor Tokkie se rooi volstruisveer-boa. Instemming is bereik: Dit moet saam.
Die geheim van hoekom gaan ek later die week verklap as ek oor die sewe formele aand op ons vaart van 22 dae via Mauritius, Freemantle en Melborune na Sydney skryf.
Om die omvang van ons kopkrappery oor klere tuis te bring, net eers ‘n paar basiese riglyne wat duidelik die boodskap bevat: Julle moet ordentlik aantreklik, gehoor!
Askies, maar uit pure luiheid gee ek dit op syn Engels weer:
During the day casual shirts, shorts, trousers and beachwear are ideal. The main restaurants require a casual wear dress code for breakfast and lunch, however you may wear shorts in the Kings Court. Evenings will be split into 2 different dress codes. You will be notified of the evening’s dress code in your Daily Programme. As a guide, these will be:
Formal evening wear consists of an evening or cocktail dress or smart trouser suit for ladies, a tuxedo, dinner jacket or dark suit for men or you may wear formal national dress or military uniform. Military or Award decorations may be worn on formal nights. A range of gentleman’s formal wear is available to hire on board.
Informal evenings would consist of a required jacket and optional tie optional for gentlemen, whilst ladies should wear cocktail dresses, stylish separates or equivalent.
Please note that after 6pm, shorts and blue or worn denim (for men and women); sandals and sleeveless tops (for men) are not considered appropriate within the ship. On formal nights, any guests wishing to dress more casual may dine tn the Kings Court and relax in the Garden Lounge bar, but should not use other areas within the ship, including our Alternative Dining Restaurants, out of respect for their fellow guests.
Tokkie, lyk my ek moet maar nog ‘n baadjie en das inpak, en kom ons losliewer die denim!
Comments