top of page
Izak de Vries

Kom deel my mikrofoon

Hier is ’n ope uitnodiging aan alle skrywendes en skeppendes: Kom deel ’n verhoog met my, kom praat saam. Kom lees voor! Die “open mic” is net vir julle!

Waar? Die Gallery Rust-en-Vrede in Wellingtonweg, Durbanville

Wanneer? Woensdagaand, 1 Oktober

Hoe laat? 19h30

Koste? Slegs R30

RSVP? fspsolutions@telkomsa.net of sms 082 463 5267

Bring ’n piekniekmandjie en wat te drinke. Wyn sal te koop wees per glas.

Die geleentheid?

Tom Dreyer en Izak de Vries (dis nou ek) gaan uit eie werk voorlees. Anton Jordaan gaan musiek maak.

Daarna is die mikrofoon oop en die gehoor aan jou voete. Komaan alle digters en pennelekkers, kom gesels saam.

Oor Tom Dreyer

Tom Dreyer se mees onlangse publikasie is die kortverhaalbundel Polaroid, wat in 2007 verskyn het. Hy is ook die skrywer van die romans Erdvarkfontein (1998), Stinkafrikaners (2000) en Equatoria (2006). Stinkafrikaners is met die Eugene Marais-prys bekroon, terwyl Equatoria gekortlys is vir die M-Net Prys en eersdaags in Engelse vertaling by die Britse uitgewer Aflame Books verskyn.

Tom is 'n genoot van die International Writing Programme by die Universiteit van Iowa. In 2007 was hy inwonende skrywer by die Sitka Island Institute in Alaska en in 2008 by die Chateau de Lavigny in Switserland.

Oor Izak de Vries

Hy’s die b(l)ogger wat Byna Liefde geskryf het.


1 view

Recent Posts

See All

Ena Murray deur die oë van ander

Ena Murray: 27 Desember 1936 – 4 Junie 2015 Alle foto's deur Susan Bloemhof Lekkerleesboekrak op Facebook was die eerste. Voor sonop was...

Why? / Hoekom?

A brief explanation on why I run without shoes. (Afrikaans hieronder) Nou die Afrikaans: Hoekom kaalpoot?

Comments


bottom of page