Kobrakonsternasie gewees by Wildevy 154, Sabiepark. Ons pak in vir ‘n vale vir die volgende dag se tot siens. Hier woerts ‘n Mosambiekse spoegkobra by die kombuis se afvoer in. Fris vent van sowat 1,2 meter.
Volgende oomblik is die gevaarlike kalant ( hy spoeg sy gif twee meter ver sekuur in jou oogbol) anderkant uit en krul hom op onder ‘n ou vrieskas wat as bergplek vir Tokkie se lampoplie dien.
Gelukkig daag sekuriteitshoof Alfred (ook baas-slangevanger) vinnig op met die nodige oogbeskerming en vangstok. Voordat ta hom kan kry, hang hy aan die stok, haal die Van Deventers weer asem en gaan die pakkery rustig(?) voort.
Groot krokodil laat my ril/spinnekop trek my maag op ‘n knop/maar, mens, skrik ek my nie bevange/vir al daai slange van Mpumalange!
댓글