top of page
Uitmelkbos

KLEIN VUURTJIE

‘n Negejarige Kaapse seun ry met sy duur bergfiets skool toe op ‘n “veilige roete”.  ‘n Gedaante duik voor hom op en eis die fiets.

Die seun probeer wegkom.  Die gedaante herhaal gebiedend: “Gee my jou fiets!” Toe stamp hy die verskrikte seun van die fiets af, gryp sy buit en laat vat straat-af.

Die verslaenheid oor die verlies was groot. Die wrewel het opgeborrel. Die onverwagte kennismaking met gewelddadige misdaad ‘n skok. Die uitwerking op die seun se psige, en dié van sy ewe oorblufte maats, is enorm.

Dalk die ongelukkigste op die lang termyn: Die vlammetjie van weerstand wat deur die nare insident aangesteek is. Al was die skuldige ‘n individu is die groep-identifisering van die bron van die diepe ongeluk en bedreiging net menslik en onvermydelik.

By daardie seun en sy maats is rassisme nie ‘n ingeborenheid nie.  Verhoudinge in die klas, op die skoolterrein en op die sportveld is gemaklik en spontaan, sonder enige kleurbewustheid.  Uit die bloute dan so ‘n trauma met ‘n kleur-element.

Vingers word maklik na witmense gewys oor hul vermeende rassisme op allerlei vlakke en speelvelde. Maak party “slagoffers” van wit “rassisme” nie ook maar meermale daarna, soos Tyl Uilspieël daarna gemaak het dat mense nie van hom hou nie?

En lees ons nie in die Groot Boek (Jakobus 3) watter groot bos ‘n klein vuurtjie aan die brand kan steek nie? 

2 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Kommentare


bottom of page