top of page
Izak de Vries

Jeanette Morton: ’n Mens ontdek die lewe in jou tienerjare


8249935168_b92484ec0b

Foto deur BooksLive Jeanette Morton is die skrywer van twee jeugromans, Marmerprinses en die Die vlinder en die surfer. Ek het haar opinie gevra oor jongvolwasseliteratuur teenoor jeugliteratuur. In die VSA word #IreadYA-week gevier. Ons is meer geneig te praat van jeuglit as jongvolwasselit. Is dit ’n leemte? Dalk ja – jeug is volgens my meer tiener. Jong volwassenes is al in hul vroeë 20’s. Hulle sal nie dieselfde boeke lees nie. Om vir hierdie mark te skryf is bitter moeilik. Hoekom doen jy dit? Want tienerwees is so ’n lekker, sorgvrye tyd van ’n mens se lewe. ’n Mens ontdek die lewe in jou tienerjare, jy ontdek wat jou sterkpunte is en wat jou swakpunte is; van wie jy hou en waarvan jy hou. Dis ’n tyd van keuses maak; ’n tyd waarin die toekoms besig is om voor jou oop te vou. Tieners is snaaks en wil alles uittoets. Tieners is “lekker goed” om oor te skryf. En natuurlik is dit lekker om in hulle taal te skryf en goed te sê net soos hulle dit sê. Daar is ’n verskil tussen kinderlitaratuur en jeugliteratuur. Wil jy verduidelik hoe jy dit sien? Jeuglit is op ’n ander vlak as kinderstories. Dit handel meer oor issues waarmee tieners te doen kry: verhoudings, probleme met ouers, reëls, wat ook al. En dan natuurlik die heavy goed soos seks en dwelms en selfmoord en al daai goed. So, die “stories” is meer: hoe maak ons sin uit hierdie dikwels chaotiese wêreld? Wie is ek nou eintlik? Hoe vind ek uit wie ek is in hierdie deurmekaar wêreld wat so baie teenstrydige boodskappe uitstuur? As ons nou van jong volwassenes praat: Watter drie jongvolwasselitboeke sal jy aanbeveel? Hier’s my drie: Ek was hier deur Nanette van Rooyen, The elephant in the room, deur Maya Fowler en Iewers vlieg daar fairy dust deur Marisa Haasbroek

0 views

Recent Posts

See All

Ena Murray deur die oë van ander

Ena Murray: 27 Desember 1936 – 4 Junie 2015 Alle foto's deur Susan Bloemhof Lekkerleesboekrak op Facebook was die eerste. Voor sonop was...

Why? / Hoekom?

A brief explanation on why I run without shoes. (Afrikaans hieronder) Nou die Afrikaans: Hoekom kaalpoot?

Comments


bottom of page