Dit gesprek handel oor Jackie en Reinet Nagtegaal se nuwe boek In Limbo (wat Maankind met Byna Liefde vergelyk), maar eintlik gaan dit oor meer as dit. Dit gaan oor ma’s wat lief is vir hulle kinders.
En weet julle, dis nie phoney nie. Ek het die voorreg gehad om die Nagtegaals al by verskeie geleenthede raak te loop. En een klein staaltjie wil ek met julle deel.
Toe Genugtig! (Nou Joho!) destyds A see-through suitcase (deur Deborah Steinmair) bekendgestel het, was ek daar met Jabu. Jabu was nog so ’n piepklein babatjie en spekvet. En weet julle wat? Jackie het hom kom optel en amper die hele aand vertroetel. Op ’n stadium het sy vir Dirk gaan sê: “Pappa, ek wil ook so een hê.”
Nou het sy vir Dirkie. Lees gerus.
Comments