Nee, regtig. Kyk hier, as jy my nie glo nie. Of, soos Nataniël gesê het: “Koop net die blerrie ding.”
My vrou kom ewe opgewonde by die huis en sê: “Izak, jy het gearriveer. Jou naam is op die voorblad van die Sarie!”
Oukei, oukei, hulle het nou wel besluit om Cindy se foto te gebruik (dit was glo ’n moeilike keuse ;-), maar my naam is darem op die voorblad van die Sarie.
(Kassie se vrou se kommentaar: "Moet ’n mens die Sarie haal om te arriveer? Duidelik is boeke skryf nie genoeg nie.")
Comments